Lubern Voere

Lubern Voere vier in 2021 vyf en twingtig jaar se betrokkenheid in die veevoer bedryf.  Elkeen van hierdie jare het geleenthede maar ook uitdagings en onsekerhede gebring. Ons is dankbaar teenoor elkeen van ons vennote – kliente, verskaffers en personeel – wat bygedra het tot die groei van Lubern. Dit is vir ons ‘n voorreg om deel van die landbou gemeenskap  in sentraal Suid-Afrika te wees  en ons sien uit na dit wat vir ons almal voorlê.

Albrecht Swiegers en Lubern Voere

Ons innoverende produkreeks plaas die kliënt altyd eerste deur die wydste verskeidenheid van wetenskaplik geformuleerde voere van hoogstaande gehalte vir beeste, skape, bokke, perde, volstruise, wild of enige ander vee te lewer. Boonop hou ons die koste van produkte en produksie laag om ons kliënte volhoubaarheid te verseker.

Nie net voorsien Lubern Voere klaargemengde produkte nie, maar het ook ‘n reeks konsentrate vir die boer wat eie grondstowwe wil gebruik.

Waardetoegevoeging deur opgeleide en kundige bemarkingspersoneel, wetenskaplike produkformulering, ooreenkomstig nuutste navorsing en tegnologie, modêrne toegeruste fabrieke verseker kwaliteit DIENS en PRODUK.

Trans Alps Adventure
Kontak Ons

T: 082 449 9282 of 053 474 1685

F:  053 474 0233

E: info@lubern.co.za