Lubern spog met kampioene!

Lubern Vryburg HPK het ‘n groot bydrae gemaak tot die wen van Ottawa Ranches en Koos van den Heever by die onlangse Jakkalskop Slagos Kompetisie. Ottawa Rances stap weg met drie titels vir groep en enkel op hoef, en vir groep aan haak. Koos van den Heever stap weg met die prys vir beste dier aan haak in die enkel kategorie. Hierdie boere gebruik Lubern se Vryburg HPK. #lubernvirdiewen

Lubern Vryburg HPK doen dit weer! Ottawa Ranches stap weg met al die krone by die Leniesdeel Slagos Kompetisie. Hulle is bekroon in die enkel kampioenskappe op die hoef en ook enkel en groep kampioene aan die haak. #lubernvirdiewen

 

Ruan Bisschoff van Ju-Bissch-Ru Charolais Stoet gebruik Lubern se DTek HPK, en sy veiling lewer uitsonderlike pryse! Die gemiddelde prys van 8 bulle het oor die R50 000 per bul behaal. Ruan boer in die Stella-omgewing. #lubernvirdiewen

By die onlangse Piet Plessis Slagos Kompetisie het Joubert Swanepoel van Piet Plessis, weggestap met al die pryse! Joubert skryf sy sukses toe aan die gebruik van Lubern se Vryburg HPK voermengsels. Joubert wen slagos op die hoef, slagos aan die haak in die enkel en groep kampioenskap. #lubernvirdiewen

Trans Alps Adventure