Ons innoverende produkreeks plaas die kliënt altyd eerste deur die wydste verskeidenheid van wetenskaplik geformuleerde voere van hoogstaande gehalte vir beeste, skape, bokke, perde, volstruise, wild of enige ander vee te lewer.
F1 Volledige skaapafrondingskorrels Fase 1
Om lammers aan te pas in die voerkraal en sodoende rumen steurnisse te beperk.
F2 Volledige skaapafrondingskorrels Fase 2
Om skape en lammers mee af te rond.
F3 Volledige skaapafrondingskorrels Fase 3
Dit is ‘n hoogs smaaklike produk met hoë kwaliteit grondstowwe en groeibevorderaars wat hoë innames, beter voeromset en groei tot gevolg het.
F4 Volledige skaapafrondingskorrels Fase 4
Om lammers vinnig te laat groei en af te rond vir bemarking teen ‘n hoër karkasmassa, beter karkasgradering en uitslag persentasie.
T13 Volledige skaapafrondingskorrels
Geskik vir lammers en ouer skape vir vetmesting, teen sakpas pryse.
HPK Skaap Lubern Skaapvoerkraal
Om as ‘n HPK (hoë proteïen konsentraat) met die kliënt se eie ruvoer, mielies, ander graan of chop gemeng te word om skape vinnig te laat groei en af te rond vir be-marking teen ‘n hoër karkasmassa, beter karkasgradering en uitslag persentasie.
H4P Lubern Volledige Beesvetmes Korrels
Om beeste vinnig oor ‘n kort periode (90 - 120 dae) te laat groei en af te rond vir bemarking teen ‘n hoër karkasmassa en beter karkasgradering.
H4M Lubern Volledige Beesvetmes Meel
Om beeste vinnig oor ‘n kort periode (90 - 120 dae) te laat groei en af te rond vir bemarking teen ‘n hoër karkasmassa en beter karkasgradering.
Jong diere uit te groei op aangeplante weidings of veld.
HF14M Lubern D Tech 14 Meel (Volledig Stoet)
‘n Hoë kwaliteit volvoer vir stoetdiere.
‘n Hoë kwaliteit kragvoeraanvulling vir beeste op somer- en winterveld of in kraal met ad lib hooi beskikbaar.
Proteïenkonsentraat vir afronding van beeste in voerkraal.
HPK D Tech Lubern D Tech HPK (Stoetdiere)
'n Hoë kwaliteit, hoë proteïen konsentraat vir selfmeng rantsoene.
Gebruik as ‘n HPK (hoë proteïen konsentraat) om met eie ruvoer, mielies/ander graan of chop gemeng te kan word. Verseker ‘n hoër karkasmassa en gradering in bees afrondingsrantsoene.
S7 Lubern Ram-, Lam- & Ooikorrels
Dien as ‘n aanvulling vir ooie en lammers waar weidings nie aan behoeftes kan voldoen nie.
Geskik vir lammers: voor en na speen
S10 Lubern Stoetvee Korrels (Skaap)
Voorbereiding van stoetdiere vir skoue en veilings. Verseker optimale spier- en beengroei. Verbeter vrugbaarheid en spermtellings.
S10B Lubern Boerboek Stoetvee Korrels
Voorbereiding van stoetdiere vir skoue en veilings. Verseker optimale spier- en beengroei. Verbeter vrugbaarheid en spermtellings.
S13LAM Lubern Lammerooi Volledig
Volledige voer vir ooie wat in lamhokke/lamkampies lam om vermorsing te voorkom, beter melkproduksie en sterker lammers te speen.
13MELKBOK Lubern Volledige Melkbok Korrels
Om melkproduksie, kwaliteit van melk, reproduksie en algemene gesond-heid van melkbokke te verbeter.
S13D Lubern Droogte Korrels (Bees & Skaap)
Bees/Skaap in toestande waar ruvoer skaarste voorkom. Om onderhouds voedingsbehoeftes aan diere te voorsien in droogte of ruvoer-skaars omstandighede.
P6: Lubern P6: Beeste/Skape/Bokke
‘n Klaargemengde lekaanvulling vir beeste en skape op groen weiding om fosfaat, spoorelement en ander minerale/vitamiene tekorte aan te vul volgens onderhouds- en produksiebehoeftes.
P12 Lubern P12: Beeste/Skape/Bokke
‘n Lekaanvulling vir beeste/skape en bokke op groen weiding om fosfaat, spoorelement en ander minerale/vitamiene tekorte aan te vul volgens onderhouds en produksie behoeftes.
‘n Klaargemengde lekaanvulling vir beeste, skape en bokke op somerveld (of groen seisoen) om fosfaat, spoorelement en ander minerale asook vitamiene tekorte aan te vul volgens onderhouds- en produksiebehoeftes.
HF8+ Lubern P8 met ureum & swael
‘n Klaargemengde lekaanvulling vir beeste en skape op droë seisoen weidings waar daar ‘n hoë behoefte aan fosfaat is.
Baie aanpasbare HPK. Vir die ekonomiese benutting van herfs- en vroeë winterweiding om diere se kondisie in stand te hou. Produk kan met grane gemeng word om ‘n produksielek te verkry.
L50M Lubern Bees & Skaap Energielek
‘n Hoë kwaliteit produksielek vir produserende diere (o.a. lakterende diere en jong groeiende diere) op lae kwaliteit winterweiding en oesreste.
Hierdie is ‘n veeldoelige, klaargemengde lekaanvulling.
Hierdie is ‘n veeldoelige, klaargemengde lekaanvulling vir beeste in die droë seisoen.
L20 Lubern Wolcure Produksiekorrels
Geskik vir produserendeskape.
L23S Lubern Feedcure Skaapproduksielek
Dit bevat hoë vlakke van verbyvloei proteïen wat wol groei en melkvloei verhoog.
HPK350 Lubern Veldcure 350 HPK
Hierdie hoë proteïen konsentraat konsentraat stel boere in staat om hul eie grondstowwe te gebruik vir die meng van skaaplekke.
’n Aanvulling vir buffels en ander wild wat geneig is om hulself te oorvreet.
‘n Hoë kwaliteit, aanvulling vir renosters om reproduksietempo’s te verhoog, horinggroei te bevorder en kondisie telling te handhaaf.
WILD S Lubern Wildproduksiekorrels
Is geskik vir alle spesies wild (blaar- en grasvreters).
WILD G Lubern Gewone Wildkorrels
‘n Volledige onderhoudsvoer vir wild bv. gedurende droogtes of wanneer daar nie voldoende weiding/ruvoer beskikbaar is nie.
WILD P6 Lubern WILD Fosfaatlek
‘n Klaargemengde fosfaatlek vir wild
‘n Hoë proteïen konsentraat vir die vermenging van wildsvoere met die kliënt se eie grondstowwe.